Tempel 1

9P/Tempel

Samestelling van beelde deur die Deep Impact-impaktor
Ontdekking
Ontdek deur: Wilhelm Tempel
Ontdekkingsdatum: 3 April 1867
Wenteleienskappe
Epog: 31 Julie 2016
Perihelium: 1,542 AE[1]
Lengteas: 3,145 AE
Eksentrisiteit: 0,5096
Wentelperiode: 5,58 jaar
Baanhelling: 10,474°

Tempel 1 (amptelike naam: 9P/Tempel) is ’n kortperiodekomeet van die Jupiterfamilie wat in 1867 deur Wilhelm Tempel ontdek is. Dit voltooi elke 5,5 jaar ’n wentelbaan om die Son. Tempel 1 was in 2005 die teiken van die Deep Impact-ruimtesending, waartydens ’n opsetlike hoëspoedbotsing teen die komeet gefotografeer is. Dit is op 14 Februarie 2011 weer besoek, dié keer deur die Stardust-ruimtetuig. Dit het in Augustus 2016 weer sy perihelium bereik.

  1. Tempel 1 by die Kleinplaneetsentrum Besoek op 1 Februarie 2020

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search